Verander lewens.
Bied keuses.
In Garsieland is verandering nie net onvermydelik nie, dit word verwelkom.
Elke Garsie het ‘n storie wat wag om geskryf te word, en ons bied die gereedskap en leiding sodat leerders suksesvolle verhale kan skryf.
Met ‘n ryk verskeidenheid akademiese vakke en buitemuurse aktiwiteite, bied ons geleenthede wat leerders bemagtig om deur kennis en selfvertroue hul pad te vind.
Kom lees die stories van sukses en ontdek waarom Hoërskool Garsfontein lewens verander. Of jy nou ‘n toekomstige leerder, trotse ouer of nuuskierige besoeker is, ons nooi jou uit om ons skool te verken.
Welkom by Garsieland – waar onderwys ‘n katalisator vir verandering is en keuses die bousteen is van ‘n suksesvolle toekoms.
Nuus en Gebeure
Kennisgewings
Welkom by Garsie Deli – waar elke happie huis toe smaak!
By Garsie Deli glo ons dat kos meer is as net iets om jou maag te vul – dis ’n ervaring, ’n bederf, en soms net daardie ietsie wat jou dag beter maak. Ons bedien vars, smaaklike happies teen bekostigbare pryse, spesiaal vir ons Garsie-kinders. Kom loer in, kry jou gunsteling lekkerny, en begin jou pouse reg!
Ons bied heerlike kos aan op ons spyskaart, en ouers kan gerieflik vooruit betaal – maklik, veilig en sorgvry!
Inligtingsaand 2025
Registrasie vir Hoërskool Garsfontein Inligtingsaande 2025
20-22 Mei 2025
Nota: Om te registreer vir Graad 8 2026
Bou jou toekoms!



















